BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Tue, 6/1/2009

Julle vra, ons antwoord


Vraag: 

Ek is tans in Brittanje met my twee-jaar werksvakansie visum. Ek het nou gerugte gehoor dat die tipe visum opgeskort gaan word en vervang gaan word met ’n nuwe skema. My suster het beoog om aan die einde van 2008 na die VK te kom met die twee-jaar werksvakansie visum. My vraag is; hoe gaan dit haar planne beïnvloed? Ook, hoe gaan die nuwe skema mense soos ek wat tans op die twee-jaar werksvakansie visum is beïnvloed?

Antwoord:

Die gerugte is inderdaad waar. Die Britse Regering het ’n dokument uitgereik waarin hulle planne uiteensit om die huidige twee-jaar werkvakansie visum te vervang met ’n Jeug Mobiliteit-skema. Die huidige twee-jaar werksvakansie visum sal opgeskort word op 26 November 2008 en die nuwe skema sal op 27 November 2008 geïmplementeer word.   

Die Jeug Mobiliteit-skema sal werk op die beginsel van balans. Burgers van lande wat deelneem aan die skema sal toegelaat word om in die VK te woon en werk vir twee jaar, mits jong Britse burgers dieselfde voordeel mag geniet in die deelnemende land. Elke jaar sal die Britse regering ’n lys van lande publiseer wat kwalifiseer vir die skema, tesame met die hoeveelheid plekke wat beskikbaar is op die skema. Die lys van lande wat in die eerste rondte van die skema mag deelneem is Australië, Kanada, Nieu-Zeeland en Japan.

Persone wat met die instelling van die nuwe Jeug Mobiliteit Skema reeds ’n twee-jaar werksvakansie visum het, soos jouself, sal nie geraak word deur die nuwe skema nie. Hulle sal toegelaat word om hul visum te voltooi onder die huidige reëls. 

Breytenbachs beveel jong Suid-Afrikaners, soos jou suster, aan wat graag na die VK wil kom, om inderhaas ons kantore te skakel en aansoek te doen vir die twee-jaar werksvakansie visum.

Vraag: 

Ek het onlangs in Brittanje gearriveer met my twee-jaar werksvakansie visum. Ek hoor nou stories dat die tipe visum opgeskort gaan word. Hoe gaan dit my beïnvloed, sowel as my vriende wat in Namibië is wat nog wil aansoek doen vir die visum? 

Verder, ek is bietjie teleurgesteld met die reaksie wat ek gekry het van personeel-agentskappe oor die kontrakte wat ek in my werksveld kan kry. Blykbaar verkies werkgewers om langer kontrakte vir mense te gee op permanente visums, soos die HSMP. Sal dit moontlik wees vir my om oor te skakel na ’n permanente visum van ’n werksvakansie visum?

Antwoord: 

Dit is inderdaad so dat die twee-jaar werksvakansie visum opgeskort gaan word en vervang gaan word met ’n Jeug Mobiliteit-skema.  Die huidige twee-jaar werksvakansie visum sal opgeskort word op 26 November 2008 en die nuwe skema sal op 27 November 2008 geïmplementeer word.   

Die goeie nuus is dat mense soos jyself, wat op daardie stadium reeds ‘n twee-jaar werksvakansie visum het, nie geraak sal word deur die implementering van die nuwe skema nie en toegelaat sal word om hulle visum te voltooi onder die huidige reëls.  

Die Jeug Mobiliteit-skema sal werk op die beginsel van balans. Burgers van lande wat deelneem aan die skema sal toegelaat word om in die VK te woon en werk vir twee jaar, mits jong Britse burgers dieselfde voordeel mag geniet in die deelnemende land. Elke jaar sal die Britse regering ’n lys van lande publiseer wat kwalifiseer vir die skema, tesame met die hoeveelheid plekke wat beskikbaar is op die skema. Die lys van lande wat in die eerste rondte van die skema mag deelneem is Australië, Kanada, Nieu-Zeeland en Japan.

Dit is ook inderdaad so dat werkgewers in die VK nie vir mense met die twee-jaar werksvakansie visum langtermyn werkskontrakte in ’n professionele rigting kan aanbied nie, aangesien dit strydig is met die reëls van die tipe visum. Dit is om hierdie rede dat personeelagentskappe dikwels mense op die tipe visum wat op soek is na werk in ’n professionele rigting, aanbeveel om oor te skakel na Vlak 1 vir hoogs geskoolde migrante (die ou HSMP permit), indien hulle kwalifiseer, aangesien daar geen werksbeperkings is op die houer van die tipe permit nie. Jy het ook nie ’n werkgewer nodig om namens jou aansoek te doen, soos in die geval van ’n werkspermit nie.  

Die aansoek vir ’n werkspermit of die nuwe Vlak 1 kan ongelukkig nie van binne die VK gedoen word nie en jy moet terugvlieg na jou land van herkoms om die aansoek daar in te dien.  

Kontak ons gerus vir verdere inligting of om uit te vind of jy kwalifiseer vir Vlak 1.


Vraag:

Ek wil vreeslik graag in Brittanje gaan werk. Ek is gegradueerd en het my eie besigheid hier in Suid-Afrika wat baie goed doen, maar wil graag bietjie my vlerke sprei. Is daar ’n tipe permit waarvoor ek sal kan kwalifiseer vir Brittanje?

Antwoord: 

Dit klink of jy ’n uitstekende kandidaat is vir die baie gewilde Vlak 1 – permit vir hoogs geskoolde persone. Hierdie permit laat jou toe om in Brittanje te woon en werk, sonder enige werksbeperkings. Jy kan dus jou eie onderneming begin, of vir ’n werkgewer werk, of selfs die twee kombineer. Dit bied dus baie vryheid vergeleke met ander tipe permitte en visums wat jou nie altyd die tipe vryheid in terme van werksgeleenthede bied nie.  

Die ander voordeel van die tipe permit is dat jy na vyf jaar kan kwalifiseer vir permanente verblyf in Brittanje. Na een verdere jaar kan jy aansoek doen vir Britse burgerskap, en as jy jou Suid-Afrikaanse burgerskap beskerm, kan jy dubbele burgerskap verkry.  

Ons sal defintief aanbeveel dat jy ons kontak om te bepaal of jy vir die tipe permit kwalifiseer, wat na die beste opsie lyk in jou geval.  

Kontak gerus ons kantore vir meer inligting of besoek gerus ons webwerf waar jy meer kan lees oor die tipe permit.  

Jy is welkom om ons te kontak as jy enige verdere vrae het.  


Vraag: 

Ek is ’n Suid-Afrikaanse burger en is tans in Brittanje met ’n studente visum. Ek is besig met ’n graad-kursus aan ’n Britse Universiteit. Een van my vriende wat saam met my studeer, en ook hier is met ’n studente visum, het vir my gesê dat daar nou ’n Post-studie immigrasie kategorie ingestel is, wat mens in staat sal kan stel om in Brittanje te werk na afloop van ‘n mens se studies. Kan julle my asseblief meer vertel van die skema?

Antwoord:

Die Britse Regering het ’n Vlak 1 (Na-Studie Werk) kategorie in werking gestel, om internasionale graduandi wat in die VK gestudeer het, te behou vir die Britse arbeidsmark.  Die nuwe kategorie is deel van die nuwe punte gebaseerde immigrasie-stelsel wat tans in werking gestel word. Die nuwe kategorie het in werking getree op 30 Junie 2008 en het twee skema’s vervang – die Internasionale Gegradueerde Skema en die Vars Talent: Werk in Skotland Skema.  

Die Vlak 1 Post-Studie Werk kategories sal suksesvolle aansoekers toelaat om in die VK te bly vir ’n tydperk van twee jaar na die suksesvolle voltooiing van hulle graad of na-graadse kursus in die VK. Gedurende hierdie tydperk sal hulle toegelaat word om in die VK te werk en werk te soek, sonder dat hulle ’n borg benodig. Geen verdere permit word dus benodig nie. Dit is gedurende hierdie tyd vir hulle moontlik om na ’n ander punte-gebaseerde kategorie oor te skakel, vir geskoolde of hoogs geskoolde werkers, en hulle word ook aangemoedig om dit te doen.  

Tyd wat gespandeer word in die Vlak 1 Post-Studie kategorie tel nie vir die kwalifiserings-tydperk vir permanente verblyf in die VK nie.  

Kontak gerus ons kantore indien jy meer inligting benodig of wil aansoek doen vir die skema.
 

 

.

Nuus
Studente Visums 
Akademici ongelukkig oor nuwe vereistes vir buitelandse studente.  11/12/2008
nog >>
Britse Immigrasie 
Toegewing gemaak vir trou visums aan tydelike permit houers.  10/12/2008
nog >>
Britse Eiendomsmark   
Toename in belangstelling onder huiskopers.  10/12/2008
nog >>
 
Julle vra, ons antwoord
'Ek het gerugte gehoor dat die gewilde twee-jaar werksvakansie opgeskort gaan word en dat Suid-Afrikaners nie vir die nuwe skema sal kan aansoek doen nie. Is dit waar?'

Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte.   
nog >>
Wat ons kliënte sê
Net 'n kort nota van dank aan die hele Breytenbachs span. Nie net die raad en advies aan die begin nie, of die deeglikheid van elke persoon nie, maar ook die terugvoer wat ons deurgaans van julle af gekry het. Ek weet dit gaan druk daar by julle, maar die geduld om 'n angsbevange vraag te beantwoord of ten minste altyd vinnig op boodskappe of e-mails te antwoord het nie ongemerk verby gegaan nie.

Phoebus van Deventer 

 

Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso!

Teken in op Nuusbrief
Stuur aan 'n Vriend
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Regulated by the Law Society