

|
|
||
| English | | | Afrikaans |
| info@breytenbachs.com | ||
| Tue, 6/1/2009 | ||
Ons help graag en jy is welkom om jou vrae, kommentaar of voorstelle aan ons te stuur. Jy kan ook die kliënte terugvoer vorm gebruik om ons te laat weet waar ons kan verbeter of om ons te komplimenteer! Indien jy belangstel in ‘n evaluasie van jou immigrasie status of enige algemene navrae het kan jy gerus een van die onderstaande vorms voltooi.
E-Evaluasie - Britse Permitte & Visums
Vir 'n in-diepte evaluering van jou omstandighede deur 'n gekwalifiseerde prokureur, gebruik asseblief hierdie vorm. Ons hef 'n nominale fooi van £20 plus BTW vir hierdie diens. Hierdie fooi sal afgetrek word van jou finale fooi, sou jy besluit om gebruik te maak van ons dienste binne 3 maande nadat jy van hierdie e-evaluasie diens gebruik gemaak het.
Indien ons van hierdie evaluering aflei dat jy wel kan kwalifiseer vir 'n Vlak 1 permit vir Hoogs Geskoolde Persone of 'n Vlak 2 permit vir Geskoolde Werkers, sal ons jou voorsien van 'n sertifikaat wat dit bevestig. Dit behoort jou onderhoud met 'n voornemende Britse werkgewer soveel makliker te maak!
Neem asseblief kennis dat hierdie vorm vir alle Britse Immigrasie navrae is - dus alle permitte, visums, permanente verblyf en burgerskap aangeleenthede.
E-Evaluasie - Immigrasie na Suid-Afrika
Vir 'n in-diepte evaluering van jou omstandighede en advies oor Immigrasie
na Suid-Afrika, Suid-Afrikaanse permitte en visums, gebruik asseblief hierdie
vorm. Ons hef 'n nominale fooi van £20 plus
BTW vir hierdie diens. Hierdie fooi sal afgetrek word van jou finale fooi, sou
jy besluit om gebruik te maak van ons dienste binne 3 maande nadat jy van hierdie e-evaluasie
diens gebruik gemaak het.
Algemene Navraag Vorm
Gebruik asseblief hierdie vorm vir baie kort algemene navrae oor enige van ons regsdienste. Ons hef gewoonlik nie 'n fooi vir hierdie diens nie. Indien jy egter 'n immigrasie navraag het wat 'n meer gedetailleerde antwoord vereis, moet jy asseblief eerder een van die bostaande e-evaluasie vorms voltooi.
As deel van ons verbintenis tot kliëntediens verwelkom ons enige kommentaar of voorstelle. Gebruik gerus hierdie vorm vir
jou terugvoer.
19 Bolton Street
Mayfair
LONDON
W1J 8BL
Tel: +44 (0) 207 499 3111
Fax: +44 (0) 207 499 3222
Volg asseblief hierdie skakel vir ‘n kaart na ons kantore.
Indien jy enige kommentaar, vrae of voorstelle het, is jy ook welkom om dit aan ons te e-pos by info@breytenbachs.com
Indien jy enige aangeleentheid of klag direk met ons senior vennoot, Hannes Breytenbach wil bespreek, e-pos dit gerus aan hom by hannes@breytenbachs.com
| Julle vra, ons antwoord |
| 'Ek het gerugte gehoor dat die
gewilde twee-jaar werksvakansie opgeskort gaan word en
dat Suid-Afrikaners nie vir die nuwe skema sal kan
aansoek doen nie. Is dit waar?' Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte. |
| nog >> |
| Wat ons kliënte sê |
| ...ek is julle baie verskuldig en daar het nog nie 'n dag verby gegaan wat ek nie dink oor die manier wat my lewe verander het deur julle toedoen nie. Ek twyfel sterk dat julle dit net doen as werk...Julle moet verseker 'n groepie mense wees, 'handpicked', wat ons drome verwesenlik het... Ilana Viljoen
Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso! |
| Teken in op Nuusbrief |
|
|
| © Breytenbachs. 2004 | Vrywaring | Regulated by the Law Society |