BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Tue, 6/1/2009

Welkom by Breytenbachs

Breytenbachs is ‘n prokureursfirma wat spesialiseer in immigrasie, eiendomsreg asook ander algemene regsdienste. Ons is trots op ons reputasie van uitstekende diens, vinnige resultate en vriendelike, persoonlike diens. Ons pryse is vasgestel om ons kliënte te akkomodeer en deskundige regsadvies te bied teen hoogs kompeterende pryse.

Ons Diens

Die prokureurs in die immigrasie-department sal jou die beste advies kan gee rakende die mees geskikste permit of visum wat jou daartoe in staat sal stel om in die Verenigde Koninkryk te woon en te werk. Of jy nou belangstel in die Hoogs Geskoolde Migrasie-program, ‘n werkspermit of visum - ons spesialiseer in alle permitte en visums wat beskikbaar is vir oorsese burgers.

Ons werk in eiendomsreg strek oor alle eiendoms-aangeleenthede. Ons het ook ‘n afdeling wat spesialiseer in die oordrag van aktes, wat die regsproses van die koop en verkoop van vaste eiendom in die VK behels, dit strek van woonstelle tot besigheidspraktyke. Die prokureurs in die eiendoms-departement beskik oor baie jare se internasionale eiendomservaring en verskaf hoogs professionele dienste.

Wat u ookal benodig, ons sal kan help!

Nuus
Studente Visums 
Akademici ongelukkig oor nuwe vereistes vir buitelandse studente.  11/12/2008
nog >>
Britse Immigrasie 
Toegewing gemaak vir trou visums aan tydelike permit houers.  10/12/2008
nog >>
Britse Eiendomsmark   
Toename in belangstelling onder huiskopers.  10/12/2008
nog >>
 
Julle vra, ons antwoord
'Ek het gerugte gehoor dat die gewilde twee-jaar werksvakansie opgeskort gaan word en dat Suid-Afrikaners nie vir die nuwe skema sal kan aansoek doen nie. Is dit waar?'

Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte.   
nog >>
Wat ons kliënte sê
Weereens dan baie dankie vir die duisende vrae wat julle met Job se geduld beantwoord het, al die inligting wat julle stiptelik verskaf het en al die moeite wat julle vir my gedoen het. Ek het die hele SA rond vertel van julle wonderlike, vriendelike en stiptelike diens! Julle het my voorwaar baie spesiaal behandel en laat voel!

Ilana Viljoen 

 

Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso!

Teken in op Nuusbrief
Stuur aan 'n Vriend
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Regulated by the Law Society