BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Tue, 6/1/2009

Desember 2008 Nuusbrief

Jaar-eind Boodskap   

2008 was 'n merkwaardige jaar met baie hoogtepunte op die kalender.

Ingrypende veranderinge is aangebring aan die Britse Immigrasie-stelsel en daar word ook verdere veranderinge beplan in die eerste helfte van 2009. Gelukkig was ons Immigrasie-departement soos altyd ten volle voorberei en toegerus om kliënte te kon help met die nuwe wetgewing!

Die Britse eiendomsmark was ook gereeld onder bespreek, veral met spekulasie oor die effek van die wêreldwye krediet-krisis wat oral beleef word. Gelukkig blyk dit dat die ergste reeds verby is en verslae wil daarop dui dat besigheid stadig, maar seker besig is om weer op te tel. Indien jy beplan om in die Nuwe Jaar 'n eiendom te koop, moenie huiwer om ons Eiendomsdepartement te skakel nie. Jy kan verseker wees van 'n seepgladde proses, sonder enige bekommernisse!

Namens almal by Breytenbachs, wil die vennote graag al ons kliënte bedank vir hul ondersteuning gedurende 2008!

Ons wil ook al ons kliënte, vriende en besigheidsvennote 'n baie geseënde Kersfees toewens!

VK Eiendomsmark

Toename in belangstelling onder potensiële huiskopers

Die BBC het aangekondig dat die 'Royal Institution of Chartered Surveyors' (Rics) gesê het dat die belangstelling onder potensiële kopers vir die sewende maand in 'n ry toegeneem het. Volgens Rics kan die verskynsel toegeskryf word aan die daling in rentekoers, sowel as die daling in die prys van eiendomme.

Potensiële huiskopers wag vir verbandlenings-mark om te verbeter

Volgens die tydskrif, Money Marketing, kan daar soveel as 380,000 potensiële huiseienaars wees wat wag vir die verbandlenings-mark om te herstel.

Die tydskrif het berig dat Legal & General gesê het dat die opgekropte vraag na verbande aan die styg is en dat die gemiddelde huisprys meer as verdubbel het sedert 2000. Volgens die direkteru van verbande, het 'n groot hoeveelheid mense die koop van 'n huis uitgestel, aanvanklik weens bekostigbaarheid, maar nou meesal omdat hulle wag vir pryse om verder te daal en die hoop dat rentekoerse en die kriteria waarvolgens uitgeleen word, sal verbeter.

Volgens Legal & General verwag hulle dat die opgekropte vraag vinnig sal omsit in aksie, wanneer meer verbandleners weer toetree tot die mark met nuwe produkte.


Wil jy Britse eiendom koop ?

As jy belangstel om Britse eiendom te koop en graag meer inligting wil bekom oor ons dienste - ons bekwame span is daar om jou te help!

Kontak gerus ons Eiendomsdepartement vir meer inligting!

Britse Ekonomie

Bank van Engeland sny rentekoerse tot laagste vlak in 57 jaar 

Die Bank van Engeland het rentekoerse gesny met een persentasie punt, wat die nuwe rentekoers te staan bring op 2%. Dit is die laagste rentekoers vlak sedert 1957.

Die BBC het berig dat Gordon Brown, 'n beroep gedoen het op leners om die nuwe rentekoers deur te gee aan verbandleners en besighede. Ontleders het die stap verlaging verwelkom en gesê dit sal help om die Britse ekonomie 'n hupstoot te gee.

Nuwe plan vir verbandlenings bekend gestel

Die BBC het berig dat Gordon Brown 'n plan bekend gestel het wat mense sal help om die rente-betalings op hul verbandlenings uit te stel met tot twee jaar. Die doel agter die plan is om beslagleggings op eiendomme te verminder, wat veroorsaak word deur die verswakkende Britse ekonomie.

Die plan is aangekondig om mense te help wat hul werk verloor het of wat 'n groot daling in hul inkomste beleef het en daarom die beslaglegging op hul eiendom in die gesig staar. Die skema sal na verwagting verbande van tot £400,000 dek. Agt van die grootste verbandleners het reeds aangedui dat hulle sal deelneem aan die plan wat vroeg in 2009 in werking sal tree.

Brittanje se BTW koers gensy met 2,5%

Die Britse regering het Brittanje se BTW koers gesny met 2,5%, wat die bestaande BTW-koers afbring na 15%. Die BTW-koers sal op die vlak bly tot 2010, wanneer dit weer verhoog sal word na 17,5%. 

 

VK Immigrasie - Tyd vir 'n blaaskans?

Werkspermitte en Twee-jaar Werksvakansie visums is nou geskrap en vervang met die nuwe Vlak 2 en 5 visums.

Vir jong mense van Australië, Kanada, Nieu-Zealand en Japan sal die nuwe Jeug-mobiliteit skema 'n uitstekende geleentheid bied om in die VK te woon en werk. Vir jong Suid-Afrikaners is daar ongelukkig nie dieselfde geleentheid nie en dit lyk of die studente roete die beste uitweg vir hulle sal wees. Deur 'n graad kwalifikasie te verkry in die VK, kan daar uiteindelik permanente verblyf verkry word in die VK, deur gebruik te maak van die Vlak 1 of 2 roete, en ek verwag dat studente visum aansoeke sal styg.

Dit is nou nog te vroeg om kommentaar te lewer oor die nuwe Vlak 2 skema. Daar is heelwat aansoeke ingedien voor die inwerking-trede van die nuwe skema en daar behoort dus 'n aanvanklike daling te wees in aansoeke ingevolge die nuwe reëls, veral in die lig van die huidige ekonomiese klimaat.

Die mees interessante en kontroversiële veranderinge in immigrasie oor die volgende 12 maande sal wees met betrekking tot Britse burgerskap. Planne is aangekondig wat dit oënskynlik moeiliker sal maak om Britse burgerskap te verkry. Die planne is baie kontroversieel en dit sal interessant wees om te sien in watter vorm dit uiteindelik geïmplementeer sal word.

Graeme Kirk, Konsultant vir Breytenbachs

Britse Immigrasie Nuus

Universiteite lewer petisie oor nuwe studente visum reëls

Die BBC het berig dat akademici en studente 'n petisie gegee het aan die Britse regering waarin hulle vra dat nuwe immigrasie reëls vir oorsese studente in die VK heroorweeg word. Akademici is veral ongelukkig omdat daar van hul verwag gaan word om studente te rapporteer wat nie klasse bywoon nie, aangesien hulle voel dat daar van hulle verwag word om die rol van immigrasie-beamptes te vertolk.

Vanaf Maart 2009, sal daar van universiteite verwag word om borgskap-lisensies te hê om oorsese studente van buite die EU plekke aan te bied by die instansies. Daar sal ook van lektore verwag word om die bywoning van die oorsese studente te monitor en oorsese studente te rapporteer indien hulle nie klasse bywoon nie.

Die Britse regering het reageer deur te sê dat die universiteite 'n plig het om na hul oorsese studente om te sien en dat die monitering van die bywoon van klasse deel is van die verantwoordelikheid. Verder is ook gesê dat aangesien universiteite finansieël voordeel trek uit oorsese studente, hulle 'n sekere mate van verantwoordelikheid vir hulle moet dra.

Toegewing gemaak vir trou visums

Die Britse regering het die ouderdom waarop iemand 'n trou visum kan kry verhoog van 18 jaar na 21 jaar oud, sedert 27 November 2008.  Sedert hierdie datum, moet beide partye tot die huwelik 21 jaar oud wees. Die stap is geneem om die verskynsel van huwelike wat onder dwang plaasvind te voorkom, sowel as die misbruik van die migrasie roete.

Daar is egter nou aangekondig dat as 'n toegewing, die ouderdom van 18 jaar steeds sal geld vir partye tot die huwelik, waar die borg se immigrasie-status gekoppel is aan 'n beperking op die periode waarvoor die visum toegeken is. Dit is byvoorbeeld in die geval van 'n persoon met 'n studente visum of die houer van 'n werkspermit.

Vlak 2 en 5 van die Punte-gebaseerde stelsel in werking gestel

Vlakke 2 en 5 van die nuwe punte-gebaseerde immigrasie-stelsel is in werking gestel op 27 November 2008. Dit het in die proses 'n hele aantal skema's vervang; soos die ou weergawe van werkspermitte, die TWES-skema, die twee-jaar werksvakansie visum ens.

Die nuwe vlakke 2 en 5 bied egter 'n paar baie opwindende geleenthede vir persone wat graag in die VK wil woon en werk. Kontak gerus ons kantore vir meer inligting of voltooi een van ons aanlyn-vorms of uit te vind vir watter tipe permit of visum jy kan kwalifiseer.

Fokus op Vlak 1 (Na-Studie) permit

Die Vlak 1 (Na-Studie Werk) van die Punte-gebaseerde stelsel is in werking gestel op 30 Junie 2008.

Die kategorie stel internasionale studente, wat in die VK gestudeer het, daartoe in staat om in die VK te werk vir 'n tydperk van twee jaar. Tydens die twee jaar op die tipe permit benodig die houer nie 'n borg om te werk nie. Die doel van die kategorie is om internasionale studente die kans te gee om oor te skakel in die geskoolde of hoogs geskoolde immigrasie-kategorieë. Daar word dan ook van hulle verwag om so gou as wat hulle kan oor te skakel na een van die meer permanente kategorieë.

Die permit bied opwindende geleenthede vir jong mense wat belangstel om in die VK te woon en werk.

Vir meer inligting, kontak gerus ons kantore!

Wil jy in die VK woon en werk?

Wil jy in die VK werksondervinding opdoen, maar nie seker oor watter permit of visum jou die geleentheid gaan gee om dit te doen nie? Of sommer net nuuskierig om te sien of jy kwalifiseer? Hoekom vind jy nie uit nie? Breytenbachs kan 'n e-evaluasie doen van jou omstandighede maak nie saak waar in die wêreld jy is nie!

Besoek ons webwerf om meer uit te vind.

Vra die Immigrasie Kenners - Entrepreneurs

Vraag:

Ek wil graag ’n besigheid begin in Brittanje. Ongelukkig het ek nie enige kwalifikasies nie, maar wel die nodige kapitaal om dinge van die grond af te kry. Is daar ’n manier hoe ek sal kan kwalifiseer vir ’n tipe permit om dit te kan bewerkstellig?

Antwoord:

Ja, daar is inderdaad ‘n baie opwindende permit beskikbaar vir oorsese burgers wat in Brittanje wil investeer. Dit is die sogenaamde Vlak 1 permit vir Entrepreneurs wat  bekend gestel is op 30 Junie 2008.

Vlak 1 Entrepreneurs stel aansoekers in staat om ’n besigheid te begin in Brittanje. Die aansoeker moet kan bewys dat hy/sy £200,000 het om te belê in ’n besigheid in ’n Brittanje, of in ’n nuwe besigheid wat hy/sy wil open.

Dis baie belangrik en opwindend om daarop te let dat anders as voorheen, die £200 000 nie meer geld hoef te wees wat die aplikant self verdien en op belasting betaal het nie. Die applikant kan nou ook gebruik maak van iemand anders se geld bv deur geld te leen.

Skakel ons gerus vir meer inligting in die verband.

 

Borgskap lisensies - Gouer is beter as later

Die Britse regering se waarborg ingevolge waarvan hul 'n borgskap lisensie kon goedkeur teen 30 November het nou verval. Nou moet alle werkgewers tou staan om hul borgskap lisensie goedgekeur te kry.

'n Baie klein hoeveelheid werkgewers in die VK het hul aansoeke ingedien teen die afsnydatum van 1 Oktober 2008, wat beteken die agterstand by die 'Home Office' in die komende maande kan baie hoog wees. Breytenbachs kom agter dat baie werkgewers nou eers die werklikheid van die situasie besef en ook besef dat werkspermitte nie langer die roete is wat gevolg kan word nie - daar is slegs enkele dae oor waarin aansoeke vir werkspermitte ingevolge die huidige stelsel ingedien kan word.

Breytenbachs, in vennootskap met ComplySoft, is egter daar om vir jou firma die nodige ondersteuning te lewer op 'n tegnologiese vlak. Ons kan jou aansoek vir 'n borgskap lisensie verwerk - vinnig, koste-effektief en sonder onnodige beslommernis van jou kant.

Die bonus vir jou firma is bestuursinligting wat jy beskikbaar het oor die profiel van jou werknemers, teen dieselfde prys as slegs die aansoek. Die proses wat gebruik word vir die aansoek van die lisensie is die eerste stap om te voldoen aan die nuwe 'Home Office' regulasies. Die opvolgende voldoening aan die maatreëls is 'n oplossing wat ons aan jou bied, sodra die aansoek goedgekeur is.

Ons beveel aan dat firma's ons so gou as moontlik kontak om aansoek te doen vir hul borgskap lisensies, en daardeur die risiko te voorkom dat jou bestaande migrant werkers na hul land van herkoms moet terugkeer, weens die moontlikheid van nie-nakoming van die nuwe reëls.

Vir meer inligting of om die proses aan die gang te sit, kontak ons gerus by Tier2Licensingsupport@breytenbachs.com of Breytenbachs@complysoft.co.uk

Terugvoer

By Breytenbachs poog ons konstant om ons dienste te verfyn en slegs die allerbeste kliëntediens te lewer. Ons waardeer enige terugvoer en kommentaar van kliënte aangesien dit ons kan help, om jou beter te kan help!

Volg gerus hierdie skakel om jou terugvoer  te stuur!

SA IMMIGRASIE
SA Immigrasie - Ons is aanlyn!

Het jy hulp nodig om 'n SA permit of visum vir jou nie-Suid-Afrikaanse eggenoot te reël om in Suid-Afrika te woon of werk? Of het jy enige ander vrae oor immigrasie na SA? Ons geregistreerde konsultante wag om jou te help!

Kliek hierso vir ons aanlyn Evaluasie-vorm!



Sosiale Kalender - SA Besigheidsklub 

Die SA Besigheidsklub het 'n baie suksesvolle jaar agter die rug, waarin hulle ook top-sprekers gelok het om te praat oor 'n verskeidenheid van onderwerpe - dit sluit onder ander in; Helen Zille, Andrew, Andrew Feinstein, Bobby Godsell en Professor John Simpson.

Persone wat belangstel om by die klub aan te sluit vir 2009 kan nou reeds aansoek doen. Vir meer inligting oor lidmaatskap, kontak stuur gerus 'n e-pos na reception@sabusinessclub.com

 



SPORT

Londen Suid-Afrika Rugby Voetbal Klub  

'A sleeping giant of a rugby club with strong South African ties and Premiership ambitions is making waves in England’s lower leagues. London South Africa (LSA) was established three years ago with the vision of progressing from the canvas of the English club scene in the Surrey County Leagues to the Premiership. They gained promotion in their first year and followed that up with another promotion year, which saw them progress to London 4.' - Artikel verskyn op die Webtuiste Super 14

Volg gerus hierdie skakel vir 'n video oor die klub se bedrywighede of besoek hulle webtuiste vir meer inligting.

Breytenbachs is trots om die Londen Suid-Afrika klub met hul regswerk te help en te ondersteun en wens die klub alles van die beste toe!



LEXCEL

Breytenbachs se verbintenis tot uitnemendheid

Ons is 'n organisasie wat verbind is tot Lexcel, 'n erkende kwaliteit standaard. Hierdie verbintenis vereis dat derde partye en konsultante na ons leêrs moet kyk om te verseker dat ons werk aan die nodige standaarde voldoen. Hierdie derde partye is ook onderworpe aan maatreëls van vertroulikheid om jou te beskerm. Indien ons nie van jou hoor nie (nou of in die toekoms) sal ons aanvaar dat jy as kliënt gelukkig is met die stand van sake. Ons wil jou ook graag bedank vir jou ondersteuning in ons verbintenis tot uitnemendheid.

Nuus
Studente Visums 
Akademici ongelukkig oor nuwe vereistes vir buitelandse studente.  11/12/2008
nog >>
Britse Immigrasie 
Toegewing gemaak vir trou visums aan tydelike permit houers.  10/12/2008
nog >>
Britse Eiendomsmark   
Toename in belangstelling onder huiskopers.  10/12/2008
nog >>
 
Julle vra, ons antwoord
'Ek het gerugte gehoor dat die gewilde twee-jaar werksvakansie opgeskort gaan word en dat Suid-Afrikaners nie vir die nuwe skema sal kan aansoek doen nie. Is dit waar?'

Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte.   
nog >>
Wat ons kliënte sê
...ek is julle baie verskuldig en daar het nog nie 'n dag verby gegaan wat ek nie dink oor die manier wat my lewe verander het deur julle toedoen nie. Ek twyfel sterk dat julle dit net doen as werk...Julle moet verseker 'n groepie mense wees, 'handpicked', wat ons drome verwesenlik het...

Ilana Viljoen 

 

Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso!

Teken in op Nuusbrief
Stuur aan 'n Vriend
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Regulated by the Law Society