BreytenbachsBreytenbachs

English|Afrikaans
info@breytenbachs.com
Tue, 6/1/2009

Ons Prysbeleid

Breytenbachs se pryse is vasgestel met jou, die kliënt, in gedagte. Ons kompeterende, billike fooie stel jou in staat om deskundige advies te bekom van gekwalifiseerde prokureurs teen realistiese en bekostigbare pryse.

Geen Londense Belading!

Ons fooie vir Immigrasie, Aktevervaardiging en ander regsdienste is heelwat laer as die van ander firmas in ons omgewing. Die feit dat ons kantore sentraal geleë is in Londen bring gerieflikheid mee vir jou as kliënt sonder enige onnodige kostes!

Beste Advies en Geen Verskuilde Uitgawes

Ons sal alles in ons vermoë doen om toe te sien dat jou aansoek suksesvol is. Ons sal egter nie 'n aansoek indien, alvorens ons nie seker is dat daar 'n uitstekende kans op sukses is nie. Indien ons nie glo dat jou aansoek suksesvol sal wees nie, sal ons jou vooraf so inlig, sodat jy self kan besluit of jy wil voortgaan of nie.

Jy kan ook gerus wees dat jy vriendelike, professionele advies ontvang van gekwalifiseerde prokureurs wat moet voldoen aan die streng vereistes wat aan ons neergelê word deur die Britse Prokureursorde. Ons sal jou ook voorsien van die nuutste inligting en die beste advies in jou unieke omstandighede.

Vaste Kwotasies

Anders as baie ander prokureur-firma's en visum agentskappe, wat slegs bereid is om geskatte pryse te voorsien, onderneem ons om jou te voorsien van 'n vaste kwotasie vir immigrasie werk sodat jy gemoedsrus kan hê oor wat dit gaan kos en nie later onkant gevang word met addissionele en verskuilde kostes nie.

Ons sal kliënte inlig in gevalle waar ons nie 'n vaste kwotasie kan gee nie.

BTW

Aansoekers buite die grense van die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie is nie onderhewig aan BTW nie.

Indien jy egter wel aansoek doen van binne die grense van die VK of die Europese Unie sal 'n BTW-koers van 15% op alle transaksies gehef word. 

Gratis Advies Beleid

Ons glo dat dit baie gevaarlik kan wees om gratis advies te gee na 'n kort kommunikasie, aangesien dit baie belangrik is om al die feite te hê voor 'n mens 'n persoon behoorlik kan adviseer. Somstyds kan skynbare onbelangrike of irrelevante inligting 'n saak maak of breek.

Ons het ook ongelukkig in die verlede gekry dat sommige mense ons gratis advies beleid misbruik. Dit het noodwendig daartoe gelei dat ons gekwalifiseerde en professionele personeel se aandag afgetrek word van bestaande kliënte. Ons doel is om ons onverdeelde aandag aan kliënte te gee. Ons kan daarom nie gratis advies gee aan persone wat nie kliënte is nie of wat nie beoog om kliënte van die firma te word nie. 

Ons gekwalifiseerde prokureurs en personeel is verbind tot langtermyn verhoudings met kliënte om 'n professionele, vinnige en effektiewe diens te verskaf.

Indien jy 'n baie kort navraag het, sal ons dit graag antwoord, maar ons behou die reg voor om gratis advies te weier.

Vir meer gedetailleerde en in-diepte navrae, stel ons voor dat jy eerder gebruik maak van ons konsultasie-dienste teen 'n nominale fooi. Hierdie fooi sal afgetrek word van jou finale aansoekfooi, sou jy besluit om gebruik te maak van ons dienste binne drie maande vanaf die konsultasie.

Ons wil ook voorstel dat u eers kyk na ons webtuiste, alvorens jy ons skakel vir gratis diens, aangesien jy dalk die antwoord op jou vraag daar kan kry,. Ons doen baie moeite om ons webtuiste gereeld op te dateer met die jongste nuus, reëls en regulasies.

Moenie kanse vat met jou toekoms nie! Kom na Breytenbachs vir die beste advies en gemoedsrus!

Breytenbachs se pryse is vasgestel met jou, die kliënt, in gedagte. Ons kompeterende, billike fooie stel jou in staat om deskundige advies te bekom van gekwalifiseerde prokureurs teen pryse wat realisties en bekostigbaar is.

Ons VK Immigrasie Fooie

Waarborg - Geen Visum, Geen Fooi!

Ons het soveel vertroue in ons suksessyfer met permit en visum aansoeke, dat ons ons werk waarborg!

Dit beteken dat indien enige visum of permit aansoek wat deur ons hanteer word, onsuksesvol sou wees, ons nie 'n pennie sal vra nie! Die enigste onkoste vir u die kliënt sal die verpligte fooi aan die Britse Regering wees. Dit sluit egter gevalle uit waar valse of verkeerde inligting aan ons verskaf is of waar ons anders ooreengekom het. Hou ook in gedagte dat indien opdraggewing aan ons onttrek word op enige tydstip voor die afhandeling van die aansoek, ons 'n fooi sal hef gebaseer op die tyd wat spandeer is op u aansoek.

In die uitsonderlike gevalle waar ons nie ons werk kan waarborg nie sal ons jou so inlig voor ons die saak inhandig by die Britse departement van Binnelandse Sake, die Britse Hoë Kommissaris of Ambassade in jou land van herkoms.

Eerste Konsultasie

Elke persoon se omstandighede verskil en dit is daarom krities dat ons jou omstandighede deeglik evalueer om die beste en korrekte advies te kan gee vir jou unieke omstandighede.  

 Ons het drie verskillende maniere waarvolgens ons sake evalueer:  

'n Konsultasie by ons kantore in London ( teen 'n fooi van £75 plus BTW)

'n Telefoonkonsultasie (£75 plus BTW)

'n E-evaluering/ e-konsultasie (£20 plus BTW)

Neem asseblief kennis dat konsultasies vir werkspermitte teen 'n fooi van £90 plus BTW gelewer word. Dit is vir beide 'n konsultasie by ons kantore in Londen en die telefoonkonsultasie.

Alle konsultasie en evalueringfooie (e-pos/telefoon/persoonlike) word afgetrek van jou finale aansoekfooi, indien jy besluit om gebruik te maak van ons aansoekfooie, sou jy aansoek doen drie maande vanaf enige van bogenoemde konsultasies.

'n Telefoon konsultasie kan gereël word op 'n tyd wat jou pas. Ons sal jou skakel op 'n ooreengekome tyd, waar jy ookal is en ook die koste van die telefoonoproep dra. Ons verkies egter oor die algemeen om liefs iemand in persoon te sien vir 'n konsultasie.

Neem asseblief kennis dat ons 'n hoër konsultasie fooi vra vir sommige van ons konsultasies by ons senior vennoot of konsultant. Ons sal jou egter vooraf inlig wat die koste van jou konsultasie sal wees. Konsultasies by ons senior venoot of konsultant is normaalweg vir ingewikkelde sake en die fooi vir die konsultasies is daarom nie aftrekbaar van toekomstige aansoekfooie nie.

Kompeterende Pryse

Al is ons gekwalifiseerde prokureurs, en die meerderheid van ons mededingers nie, is ons fooie ten opsigte permitte en visums uiters kompeterend in vergelyking met visum agentskappe!

Nuus
Studente Visums 
Akademici ongelukkig oor nuwe vereistes vir buitelandse studente.  11/12/2008
nog >>
Britse Immigrasie 
Toegewing gemaak vir trou visums aan tydelike permit houers.  10/12/2008
nog >>
Britse Eiendomsmark   
Toename in belangstelling onder huiskopers.  10/12/2008
nog >>
 
Julle vra, ons antwoord
'Ek het gerugte gehoor dat die gewilde twee-jaar werksvakansie opgeskort gaan word en dat Suid-Afrikaners nie vir die nuwe skema sal kan aansoek doen nie. Is dit waar?'

Lees hier al die nuutste vrae en antwoorde oor knelpunte.   
nog >>
Wat ons kliënte sê
I would like to take this opportunity to thank you all for your hard work put in for my work permit application. I am sure you do understand how grateful I am! Thank you very much. Due to my passport coming back so early I am able to go celebrate Christmas with my family under sunny SA skies! There is no better place than home - thank you!!

Cledia Pate 

 

Wil jy weet of jy kwalifiseer vir 'n Britse visum of werkspermit? Kliek hierso!

Teken in op Nuusbrief
Stuur aan 'n Vriend
© Breytenbachs. 2004Vrywaring | Regulated by the Law Society